NELIZE SE MAYONNAISE HOENDER
NELIZE SE MAYONNAISE HOENDER
6 hoender porsies (ek gebruik dye)
1 ui fyn gekap of in ringe
Maak sous van:
1 koppie mayonnaise
2 eetlepels FLIPPEN LEKKA Spice
3 eetlepels blatjang of appelkooskonfyt
1 teelepel knoffelvlokkies
1 eetlepel suurlemoensap
Peper na smaak
(geen water nie of vloeistof nie – die hoender het genoeg vog in)
Smeer die dik mayonnaisemengsel bo-op die hoender stukke en pak dit in ‘n oondbak.
Sny die ui fyn of in ringe en sit bo-op. Bak in die oond by 180°C – onbedek vir ongeveer 1 uur of tot hoender sag is en die sous dik is.
Bedien met bruinrys en slaai!
Foto en resep: Nelize Kruger

