MAGDA SE BOTTERSOUSPOEDING

 

2015-08-25-magdasebottersouspoedingtested

MAGDA SE BOTTERSOUSPOEDING
1 Kop. Meelblom
½ Kop. Suiker
1 Kop. Melk
1 ½ Eetlepel Asyn
1 Eetlepel Appelkooskonfyt
1/8 Teelepel sout
1 Teelepel Bakpoeier
1 Teelepel Koeksoda
1 Eier.
METODE:
Room Eier en Suiker saam
Voeg al die ander bestanddele by BEHALWE Melk en Koeksoda
Los Koeksoda op in die melk
Voeg laaste by mengsel
Bak 1 uur lank by 160 grade C.
Maak sous en gooi dit kokend oor die gaar poeding.
SOUS
1 Kop. Suiker
1 Kop. Melk
1 Kop. Kookwater
125 g Botter
1 Teelepel Vanieljegeursel.
Kook en gooi kokende sous oor warm, gaar poeding.
*Ek maak dit dubbeld aan vir die bak op die foto.
Resep geplaas deur Ragiela Cloete
Foto: Ragiela Cloete