MADEIRA SPONSKOEK

tested

 

MADEIRA SPONSKOEK
Ek gee die algemeenste pan grote (vierkantige 20cm/ ronde 23cm pan)se resep deur:

350 g bruismeel (of meng 1t bakpoeier v elke koppie koekmeel=bruismeel)
285 g stooisuiker
285 g botter (sag)
5 medium eiers
2 eetlepels melk

*Meting van bestanddele is maar die beste aangesien volume ens verskil tussen die binneland en kus streke.Smeer en voer jou koekpan uit.
Voorverhit die oond tot 150ºC.
Sif die meel in die mengbak en voeg al die ander bestandele by. Meng alles versigtig deur, menger op lae spoed, stel spoed hoër en klop di beslag vir een minuut.
Skep beslag in voorbereide pan, maak oppervlak gelyk.
Bak in die middel v die oond vir 2 tot 2 ½ uur.
Die koek is gaar wanneer di toetspennetjie skoon uitkom.
Last staan vir 5 min, keer op draadrak uit om af te koel.

Die eindproduk is ‘n stewige, klam koek wat met sukses in vorms gesny kan word.

Uit die boek “Carol Deacon se Partytjiekoeke vir Kinders”
Geplaas deur Riana Esterhuizen Jacobs