LEKKERSTE HOTDOG SOUS

 

hot dog soustested

LEKKERSTE HOTDOG SOUS
Die lekkerste hotdogsous. Hierdie is ‘n bja bja leke sous.
3 eetlepels gesmelte botter
½ koppie asyn
1 teelepel mosterdpoeier
1 koppie tamatiesous
Sout, peper en paprika na smaak (kan die paprika uitlos)
2 eetlepels worcestersous
½ koppie suiker
1 groen soetrissie, fyngekap
1-2 uie, fyngekap
Meng alles en kook vir ongeveer 10 min.
Kan sous met bietjie maizina aangemaak met bietjie water, verdik indien te dun.

NOTA: Sous vries ook baie lekker. Haal net vroeg uit, ontdooi by kamertemperatuur en verhit in mikrogolf.

Resep en foto: Tanya Smith