LEKKER GOEDKOOP POEDING

2015-08-17-lekkergoedkooppoedingtested

LEKKER GOEDKOOP POEDING
Jy maak sous van die volgende:
1 blik-deal melk
1 ½ koppies suiker
1 ½ koppies melk
Kook die sous en giet in ‘n diep oondbak.
Maak ‘n degie van die volgende:
2 eetlepels botter
3 eetlepels suiker
Klits die botter en suiker goed saam.
Voeg die volgende by:
2 geklits eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
8 eetlepels koekmeel
½ koppie melk
2 teelepels koeksoda
Klits goed. Skep die deeg in die sous en bak vir 34 uur by 180ºC tot gaar en bruin
Resep en foto: Elsabe Britz Vander Watt