LAMSBOUD IN PRUTPOT
LAMSBOUD IN PRUTPOT
Maak ongeveer 5 foil balle so groot soos golfbale of bietjie grote.
Plaas onder in jou prutpot (slow cooker)
Skil ongeveer 4 aartappels, sny in kwarte of halwes en plaas tussen die foil balle
Stop die lamsboud deur gaatjies in hom te druk met ‘n skerp mes en dan sit jy ‘n stukke ui en stukkie knoffel en bietjie sout in elke gaatjie.
Smeer nou die boud orals lekker in met olyf olie en gooi jou gunsteling sout swartpeper, kruie en speserye oor, en ‘n takkie vars roosmaryn as jy het.
Plaas die boud op die foil balle en sit die deksel op.
Sit jou pot op Auto en laat ongeveer 7-8 ure kook of deurnag.
Indien verkies kan jy die sous verdik nadat jy die vleis en aartappels en foil balle verwyder het. Ek sit dit gewoontlik op die stoof in ‘n potjie en maak net dik met bietjie bisto.
Geniet jou heerlike sagte sappige lamsboud
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Sabrina Merli

