KITI SE MIELIEBROOD

kiti se mieliebroodtested
KITI SE MIELIEBROOD
Resep en foto: Kiti De Jager
FOOD LOVERS RECIPES
4 eiers, geklits
125 ml melk (kan vervang met blikkie mieliepitte se juice)
45 ml suiker
60 ml olie
Klits bogenoemde vier saam.

250 ml mieliemeel (ja dis reg, papmeel)
30 ml koekmeel (dis ook reg ja)
5 ml bakpoeier
5 ml sout
Sif hierdie 4 saam en klits by eiermengsel

1 Blikkie geroomde mielies
1 blikkie Whole kernel corn of gevriesde mielies
(Mielies kan vervang word met vars mielies, 4 in totaal en afgesny, dan afgekrap dat jy al die sappies vang)

Roer die mielies by die res. Skep in broodpan wat gesmeer en met bakpapier uitgevoer is (belangrik, dit sit vreeslik vas!!)
Bak teen 180ºC vir een uur. Keer uit en trek papier af. Laat staan vir ‘n rukkie, anders breek dit uitmekaar as jy dit sny.
Dit kan ook vroeg gemaak word en net opgewarm word. Bak vir 20-25 minute in muffin pannetjies
Nota:
Ek kan die een rerig aanbeveel, my seun versoek dit altyd as hy kom kuier. Die resep se een blik mieliepitte en een sweetcorn, maar ek gebruik 4 koppe in die 2 blikke se plek, en ek maal of verwerk 2 koppe se mielies net om fyner te maak. Hier is sommer ‘n nuwe foto ook, geneem 3 dae terug.