KERRIE NIERTJIES

koos-se-niertjie-en-soustested

KERRIE NIERTJIE
Resep: Elda Lombard
Foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
4 tot 6 skaap niertjies
1 ons botter (30 ml)
1 koppie vleissous
3 teelepels kerriepoeier
1 desertlepel koekmeel (12.5 ml)
1 teelepel sout
2 teelepels uiesout

Sny niertjies in die helfte deur.
Rooster 6 min.
Smelt die botter en voeg die kerrie, meel, sout en uiesout by.
Meng goed, voeg vleissous by en laat stadig kook tot dik.
Voeg niertjies by en kook 30 min.

Resep aangepas deur Koos van der Merwe:
1 kg lam niertjies
3 groot uie
3 teelepel kerriepoeier
ΒΌ pakkie bruin uiesoppoeier
20 g sout
2 g swart peper

Sny niertjies in die helfte deur.
Sny die uie in skyfies en braai in so 150 g botter.
Draai die stoof plaat se hitte af na medium, op my stoof no 3.
Voeg die niertjies by.
Plaas ‘n deksel op die pot en roer so elke 5 minute tot nietjies so medium gaar is.
Daar sal genoeg vleissous in die pot wees.
Voeg die kerriepoeier by.
Jy kan asyn byvoeg, dis opsioneel.
Draai stoofplaat na nul maar los jou pot op die plaat.
Maak die bruin uiesous aan met 150 ml koue water en voeg by.
Sit die deksel terug op die pot en los alles toe terwyl jy die lewer apart braai in uie.
Ek maak lewer medium gaar anders is dit te droog.
Skep die gaar lewer by die niertjies, roer deur en bedien.