JAN SE KLAPPERNESSIES


JAN SE KLAPPERNESSIES
2 koppies meel
1 koppie suiker
1½ koppie klapper
3 eiers geskei
3 eetlepels botter
4 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Appelkooskonfyt
Room botter, suiker.
Klits eiergele een vir een en voeg by botter mengsel.
Voeg droë bestandele by.
Klits eier witte styf en vou by die mengsel in.
Rol in halwe koppie klapper en maak bolletjies en rol in klapper.
Druk met kurkprop n’ gat in die middel van bolletjie deeg en sit konfyt in.
Bak teen 180 grade C tot ligbruin ongeveer 10 min
Resep en foto: Jan Bezuidenhout