HOE OM DADELS TE DROOG

 

2015-08-26-hoeomdadelstedroog

HOE OM DADELS TE DROOG

Oondmetode:
Sprei dadel een laag diep, op bakplate en plaas op oondrakke.
Die ideaal is dat die onderkante gaatjies moet hê (soos ‘n pizzapan), om lug deur te laat, maar ‘n koekiepan is voldoende.
Indien moontlik, kan jy ‘n klein glas of metaal termometertjie in een van die dadels plaas.

Verhit die oond tot by so 55°C en sit dan die oond af.
Sodra dadels afgekoel het tot so 45°. sit die oond weer aan.
Loer kort kort na die dadels en verwyder dié wat reg is.
Herhaal proses soos nodig.

As jy nie ‘n termometer het nie, gebruik die volgende metode:
Verhit oond tot so 95°C en sit dan die oond af.
Plaas dan die dadels in die oond en los tot dit afgekoel het.
Herhaal proses, indien nodig.

Dit is belangrik om nie te oorverhit nie.
Vrugte temperature bo 70° se suiker sal karameliseer en jou produk sal taai en stroperig wees en branderig proe.

Vertaal deur Amanda Struwig