GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE

tested

GEURIGE LAMSVLEIS MET KERRIEVRUGTE
4-6 porsies
6 lamstjops
sout en peper
1 middel groot ui gekerf
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
gerasperde skil en sap van ‘n ½ suurlemoen
1 eetlepel olie

Plaas die tjops in ‘n vlak bakskottel, geur dit met sout en peper en plaas die ui bo-op.
Meng die ander bestandele en gooi oor die vleis. Bedek die skottel en bak ongeveer 1 ¼ uur in die oond by 200ºC.
In ‘n aparte bak maak die kerrievrugte, bak saam met die vleis vir die laaste 30 min.
Rangskik die vleis en kerrievrugte op ‘n opskepskottel en bedien.
KERRIEVRUGTE
3 koppie ingemaakte vrugte, perskes, pynappel, appelkose of mengsel van die 3
3 eetlepels vrugtestroop
2 eetlelepels meduim sterkte kerriepoeier
sap van ½ suurlemoen
2 eetlepels bruinsuiker
botter
Plaas die vrugte in ‘n vlak gesmeerde bakskottel. Meng die kerrie, vrugtestroop, suurlemoensap en skep oor die vrugte.
Bestrooi met bruinsuiker en plaas klontjies botter bo-op die vrugte.
Bak saam met die tjops in die oond en bedien saam met die tjops.
Hiedie vrugte is ook heerlik saam met enige gebraaide vleis.