DIE BESTE BEES VLEIS POT

Die beste bees vleis pottested
DIE BESTE BEES VLEIS POT
Die beste bees vleis pot wat ek nog ooit gemaak het. Al moet ek dit nou self sê. Al wat ek kan sê wat die resep aan betref is daar is amper ‘n halwe bottel OBS in saam met rooiwyn asyn om die soet so bietjie te breek. So 1 tot 9 verhouding. (9 is die OBS). Kom ek probeer die resep vir julle neerskryf.

Potjie bees vleis (genoeg om nommer 3 pot half vol te maak),
Olyf olie na smaak
1 tsp gemaalde koljander
1 tsp borrie
1 tsp kumyn
600 ml Old Brown Sherry
4 tbsp Maizena
2 blokkies beesstert aftreksel.
Klein aartappeltjies heel met skil.
Wortel 20 cm blokkies gesny. (Genoeg vir een laag.)
3 klein rooi kool koppies, kwarte gesny, en opgebreek.
5 gemiddelde rooi uie, kwarte gesny en opgebreek.
2 groot rooi soet russies. groot opgesny.
8 gemiddelde grote patats (3 cm blokke gesny)
2 pakkies sampioene heel gelos

Braai vleis in genoeg olyf olie en voeg speserye by. Braai tot bruin.
Gooi nou 200 ml OBS met Rooiwyn Asyn in die verhouding hier bo.
Roer die uie en soet rusie in die vleis in.
Maak toe en prut vir 1 uur.
Na 1 uur sit ander bestanddele in die pot in die volgorde:
Aartappels, wortels, kool, patats en sampioene.
Los blokkies aftreksel op in klein bietjie kook water. Net genoeg om te bedek. Gooi by die res van die OBS en rooiwyn asyn soos verhouding. Meng twee eetlepels Maizena in.
Voeg dit by die bot. Sit die deksel op en prut vir 2 uur.
Los twee eetlepels Maizena in 100 ml water op en voeg by die bot roer in en prut nog so paar minute om sous dik te kry.
Geniet saam met Samp of Rys of sommer net so.

Foto en resep deur Andrew du Toit