ANSI SE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER



ANSI SE TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER
6 wortels geskraap
2 groen soetrissies
1 engelse komkommer
1 rooi soetrissie
3 uie skoongemaak
750 ml wit asyn
750 mayonnaise
12,5 ml suiker
sout en peper
Kap al die groente baie fyn en plaas dit in ‘n vlekvrye staalbak. Giet asyn oor groente en laat oornag staan. Dreineer groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre in yskas.
Bron: Familie van Ansi Fourie Pypers Fourie
1ste foto: Leandri Lee Greeff
2nd Foto en resep: Chanel Richardson
Sandwich spread I made this morning. One can really play with this recipe most important part i feel is make sure the veg has enough vinegar. That green bottle when I bought it cost me R20 for all 6 bottles it cost me roughly R50

Dewald Muller
Ek het bruin suiker instede van wit, 1 eetlepel knoffel, 1 eetlepel mosterd en 3 eetlepels Olyf olie bygesit

Driena Pienaar – Ek sit ‘n geel greenpepper en groen boontjies ook by myne,en dan kook ek my groente vir so 10 minute in die asyn, en laat dit dan oornag so in die asyn le, en ek gebruik vir myne Nola se Ultra Creamy Mayonaise, dit is baie lekker so