AARTAPPELSOP MET SPEK EN KAAS



AARTAPPELSOP MET SPEK EN KAAS
Foto en resep: Tanya Smith
Tweede foto: Myrtle van Dyk
6 groot of 8 medium aartappel, geskil en opgesny
1 pakkie wit uiesoppoeier (ek het 2 gebruik, my sop was bietjie dun na my smaak)
250 ml vars room
500 ml gerasperde chedderkaas
1 eetlepel vars gekapte of gedroogte pietersielie
250 g baconbits
sout en peper
Bedek aartappels met water, voeg sout by en kook tot sag. Braai bacon tot bros maar nie droog en hou eenkant.
Sodra aartappels sag is maak fyn in voedselverwerker. Hou water waarin aartappels gekook is. Skep fyn aartappels terug in water.
Meng soppoeier met 1 koppie water. Roer by aartappels en voeg 1 koppie kaas by (ek het al die kaas bygegooi). Hou res van kaas eenkant.
Voeg res van bestanddele by. Voeg nog water by indien nodig (dit moet ‘n dik sop wees). Geur met sout en peper.
Roer oor lae hitte vir 10 min.
Strooi van die gerasperde kaas onder in sopkommetjie en skep sop bo-oor. Bedien met brood, buns of vetkoek.
Myrtle van Dyk:
Ek en Shani eet vanaand die aartappelsop met bacon en kaas resep op die blog, ons het ham in die plek van bacon gebruik, dit was heerlik!