WEENSE WORSIEHAPPIES



WEENSE WORSIEHAPPIES
300 g gerookte weense worsies of ham of altwee, grof gekap;
300 g gaar rys (500 ml)
1 klein ui, fyn gekap en gebraai indien verkies
1 murgpampoentjie, gerasper
2 eetlepels mayonnaise
15 ml blatjang
3 ml kerriepoeier
3 ml sout
knypie peper
kruie na smaak
2 eiers, effens geklits
150 ml melk
100 g Mozzarella- of Cheddarkaas, gerasper (250 ml)
Ververhit oond tot 180 ºC en smeer bakplaat.
Meng alle bestanddele behalwe kaas.
Skep mengsel in voorbereide pan en bak vir 30 min.
Strooi kaas bo-oor en bak nóg 5 – 10 minute lank.
Sny in vierkante en sit voor.
Foto : Rina Kleinhans
Jy kan ook klein tamatie fyn kap en bysit indien verkies, dit is ‘n baie lekker ligte ete.
2de foto: Frances Smith
Ek het myne sommer in die klein cupcake panne gebak vir ‘n lekker bite size versnappering, en droë pietersielie oor gesprinkel.