VIENNA PASTEITJIES

VIENA PASTEITJIEStested
VIENNA PASTEITJIES
Bestanddele:
Gerookte viennas
Gerasperde kaas
“Puff pastry”
Melk
Skyfies (ek het sommer die tamatie geur gebruik)
Metode:
Rol die deeg mooi uit en sny dit in blokkies. Dit moet groot genoeg wees sodat daar ‘n halwe vienna in dit toegevou kan word.
Strooi kaas in die middel van die blokkie en pak die vienna bo op.
Vou die blokkie deeg toe deur dit aan die bo- en onderkant om te vou en dan toe te rol.
Druk die skyfies fyn en gooi dit in ‘n plastiek sakkie. Verf die pasteitjies met melk en rol dit in die fyn skyfies.
Pak die pasteitjie op ‘n gesmeerde bakplaat en bak teen 180˚C vir 15-20 minute tot opgepof en goudbruin.

RESEP EN FOTO:  Natasha Steyn