UIERINGE-ONTBYT SAKE
UIERINGE-ONTBYT SAKE
250 ml bruismeel
1 ekstra groot eier
150 ml dewfresh melk
5 ml sout
Verhit ongeveer 600 ml kookolie in ‘n kastrol tot goed warm maar nie rokerig nie. Toets deur ‘n druppel deeg in te laat val, as daar borreltjies ontstaan is die olie gereed. Gebruik groot uie en sny dik ringe. Maak ‘n deeg met die bruismeel, eier en melk en doop die uieringe een vir een daarin. Laat effe afdrup en sak versigtig in die olie in. Braai net goudbruin en doen net so twee op ‘n slag.
Resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis
Foto: Benhet Nieuwenhuis

