TUISGEMAAKTE ROOMKAAS-PANIR

panir 1panir 2panir 3panir 5panir 6tested

TUISGEMAAKTE ROOMKAAS-PANIR
1 liter melk
50 ml suurlemoensap of asyn
OF 3 ml wynsteensuur aangemaak met 125 ml warm water

Verhit melk tot kookpunt, roer voortdurend om te voorkom dat ‘n vel vorm. Verwyder van die stoof, voeg sap of asyn by of 3 ml wynsteensuur in 125 ml warm water opgelos

Roer net een keer goed deur en los tot die melk verdik. Bedek en laat so 15 min staan, syg deur ‘n moeseliendoek en druk die wei uit. Vorm die kaas in n reghoek en plaas n gewig daar op vir n paar uur of oornag tot dit hard geword het. Sny kaas in blokkies.
Foto en nota:  Rina Kleinhans

Ons het gister Panir – feta kaas gemaak, die panir kry net geen sout of enige kruie in nie, verder is dit maar ons feta kaas. Hier die resep gebruik en ons het eers die melk gekook en toe dit lekker kook die asyn bygegooi en dit het dadelik geskei. probeer gerus. Ons het 8 liter melk gebruik en 1.4kg panir gemaak. beslis droeer as wat die foto gewys het, maar die chef het my toe mee gedeel dat wanneer mens dit soos roomkaas wil he moet jy ‘n houertjie room bygooi dan is dit sagter, en ek glo as mens plaasmelk volroom gebruik gaan dit ook heelwat sagter wees. Ons het dit gebere in die water waarin ons dit gekook het in die yskas.  Jy kan ook ‘n sout/water mengsel maak en dit daarin bere in die yskas.
Indien jy sout , peper of kruie wil insit, sit dit by nadat jy dit uitgeskep het en voor jy dit pars, roer met groot hale deur, moenie die dikmelk te fyn roer nie.