STEFAANS SE KERRIE SKAAPNEK
STEFAANS SE KERRIE SKAAPNEK
1 Skaapnek ± 1 kg
1 eetlepel sout
1 teelepel swart peper
1 teelepel koljander
1 teelepel Masala
1 teelepel borrie
½ teelepel gemmer
½ teelepel neutmuskaat
2 aartappels in kwarte gesny
2 eetlepels appel asyn
Kook die nek in die drukpot totdat die vleis begin afval van die been af, (± ‘n uur)
Sit dan die aartappels by en kook vir nog 15 minute
Plaas die nek en aartappels in ‘n oondbak en bak totdat die nek en die aartappels lekker bruin is..
Geniet saam met ‘n lekker slaaierigheid.
Resep en foto: Stefaans Blaauw

