SPINASIE TERTJIES
SPINASIE TERTJIES
15 ml olyf olie
250 g sampioene
300 g spinasie
4 eiers
30 ml room
100 g mozzarella
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 190°C. Spuit of smeer ‘n muffinpan met 12 holtes goed. Verhit die olie in ‘n groot braaipan. Sny die sampioene in skyfies en soteer tot die sampioene sag is, ongeveer 5 minute. Skep met ‘n gaatjieslepel uit die pan en laat eenkant. Plaas die spinasie in dieselfde pan en gooi klein bietjie water by. Bedek en stoom die spinasie tot dit net begin verwelk. Gooi die spinasie uit in ‘n vergiettes en druk dit met ‘n lepel sodat die meeste van die water kan uitloop. Kap dit fyn. Klits die eiers en room saam, voeg die sampioene, spinasie en kaas by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Verdeel die mengsel tussen die muffinkoppies en bak vir 20-25 minute tot goudbruin en gaar.
Oorspronklike resep van Die LowCarb Kombuis
Foto: Pieter Coetzee
Nota: Ek sal volgende keer knoffel bysit,dalk n knippie rooipeper ook, of tiemie, hy kort defnitief n dieper smaak. Maar hy is lekker.

