SPESERYPRUIME IN ROOIWYN

SPESERYPRUIME IN ROOIWYN
2 stokkies kaneel
1 liter droë rooi wyn
400 g karamelsuiker
6 heel naeltjies
6 wonderpeperkorrels
1.6 kg rooi pruime
Breek die kaneel in skerwe op. Voeg die wyn, suiker, naeltjies en wonderpeper daarby. Verhit die mengsel stadig tot kookpunt, roer aan die begin totdat die suiker opgelos is en prut dan vir 5 min.
Prik die pruime met ‘n stopnaald. Voeg dit by die wynstroop en verhit dit stadig tot kookpunt. Skep die pruime in ‘n enkel laag in ‘n bak en giet die wynstroop oor. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die pruime 12 uur lank in die stroop lê.
Plaas die pruime tesame met die stroop terug in die kastrol en verhit dit stadig totdat die stroop begin kook. Skep die pruime terug in die bak en giet weer die stroop bo-oor. Bedek en laat weer 12 ure staan, roer af en toe baie versigtig om.
Giet die pruime tesame met die stroop vir oulaas terug in die kastol en verhit baie stadig tot die stroop kook. Skep die pruime met ‘n gleuflepel in die voorbereide flesse en vul die flesse stadig met die stroop. Seël die flesse wanneer die inhoud afgekoel het. Laat die pruime minstens 4 weke lank ryp word voor gebruik.