SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG

 

2015-07-25-sagtebroskorspasteideegtested

SAGTE BROSKORS PASTEIDEEG
500g gewone koekmeel
500g botter
1 koppie kookwater
knippie sout
Sny die botter in blokkies en giet die kookwater daaroor. Roer tot die botter gesmelt het. Indien nodig, soos in baie koue weer, plaas dit in ‘n kastrol op baie lae hitte op die stoof om die smeltproses aan te help. Sif die koekmeel en sout saam en voeg by die gesmelte botter. Meng goed en krap dit uit op waspapier. Draai toe en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute. Rol uit soos jy skilferdeeg sal uitrol. Rol vinnig maar liggies tot redelik dun en vou die deeg op tot ‘n vierkant. Rol weer uit en doen dieselfde. Plaas terug in die yskas vir ten minste 10 minute. Herhaal die proses en plaas weer terug in die yskas tot gereed vir gebruik. Rol vir oulaas uit en gebruik soos benodig. Verf met geklitste eier en bak by 180ºC vir 30 minute tot goud bruin.
Bron en foto: Adam Cloete.