ROOI FLUWEELKOEK MET SNEEU VERSIERSEL

ROOI FLUWEEL KOEK MET SNEEU VERSIERSELROOI FLUWEEL KOEK MET SNEEU VERSIERSEL 2tested
ROOI FLUWEELKOEK MET SNEEU VERSIERSEL
Bron en foto:  Kiti de Jager
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel (280 g or 500 ml)
2 koppies suiker (340 g or 500 ml)
½ koppies onversoete kakaopoeier (125 ml)
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
3 ml sout
30 ml espressopoeier (goeie bakwinkel) of 1 shot gemaakte espresso
½ koppies kookolie
2 eiers
15 ml vanilla extract
15 ml suurlemoensap
2-3 eetlpels Super Rooi jel voedselkleursel. (Jel is ‘n moet, kleur is andersins verkeerd)
30 ml gouestroop in ‘n koppie, vul verder op tot 1 koppie kookwater } roer goed tot stroop smelt

VARIASIES vir duurder maar meer luukse koek:
Los suueleomoen en vanilla, voeg 30 ml likeur van keuse by (Chambord, Kahlua of selfs Konjak werk)
Los kakao en smelt 200 g donker sjokolade (70% of meer) en voeg by vloeistowwe)

Verhit oond tot 200°C. Smeer en voer 2 x 20cm ronde koekpanne met bakpapier. Maal suiker vir 1 minuut in voedselverwerker tot fyn, voeg meel,  kakao (indien gebruik), koeksoda, bakpoeier en sout by. Voeg die Espressopoeier of goeie gehalte koffiepoeier hier by). Blits vir 30 sekondes in jou voedselverwerker. Gebruik sommer hand whisk as jy nie een het nie.
In aparte bak, klits olie, vanilla, eiers, voedselkleursel en suurlemoensap, ook die koffie as jy ‘n klaargemaakte shot espresso gebruik. Voeg jou likeur hier by as jy die variasie gebruik, en ook gesmelte sjokolade.
Meng die nat bestanddele by die droë bestanddele, meng en terwyl jou menger of voedselverwerker hardloop, blits die stroop/kookwater mengsel by. Klits vir so 30 sek tot 1 min. Moenie bang wees nie, dis ‘n baie dun beslag gemeet teen ander koeke.
Deel in panne (ek gebruik net een met ‘n 10 cm hoog bakpapier teen rand).
Plaas in die oond en STEL OOND DADELIK AF na 170°C, bak vir +-40 minute (2 panne) of 55 minute (een pan), of tot mes skoon uitkom. Los in oond indien nog klam, toets elke 5 minute.

Die rede agter die lae oond temperatuur en langer bak, is sodat die koek mooi plat bak, sonder punt. Koel 10 minute af in pan, haal uit pan en koel af op draadrak. Sny elke laag in twee, of as jy een pan gebruik het, in 3 lae.

Sjokolade roomkaas vulsel
220 g sjokolade, gesmelt oor kookwater, afgekoel tot kamertemp. (VARIASIE: wit sjokolade)
80 g ongesoute botter, kamertemperatuur
250 g Philladelphia roomkaas (blok)
20 ml suurlemoensap (moenie uitlos)
4 ml sout (sny deur soet)
2 koppies gesifte versiersuiker

Klits botter tot lig en romerig, +- 2 minute. Voeg roomkaas by en klits nog 2-3 minute, skraap kante af en maak seker alles is gemeng. Giet die suurlemoensap en sout by en klits. Voeg die AFGEKOELDE sjokolade (anders smelt alles) by, klits vinnig, dan versiersuiker. Klits tot NET gemeng. Smeer tussen lae.

Swiss Meringue
5 eierwitte (200 ml)
2 koppies (500 ml) strooisuiker (ek blits sommer witsuiker in voedselverwerker)
3 ml sout (dit maak dit minder soet)
Knippie kremetart

Meng al die bestanddele in jou staan klitser. Sit bak oor water wat net net simmer (nie hard uit KOOK nie, anders word dit gaar). Roer met handklitser (whisk) sodat die suiker kan oplos. As jy ‘n voedsel termometer het, hou die temperatuur onder 40 ºC. Die mengsel moet geroer word totdat jy niks meer suikerkorrels tussen jou vingers voel nie. Kry jou vingers daarin! Dit vat so 3-5 minute. Sit bak terug by menger en klits op hoogste spoed tot dit dik, glanserig en afgekoel is. Die bak self moet net onder kamertemperatuur wees. Resep se 8 minute, ek het 15 geklits voor ek tevrede was. Jy kannie overmix nie, die sout en kremetart keer. Die punte moet opstaan en net net omval as jy klaar is.
Smeer ‘n lekker dik laag oor die koek, maar moenie bekommer oor mooi lyk nie. Dit kom nog. Los die helfte van die mengsel oor. Vat nou ‘n blob in jou hand en druk dit teen die koek. Trek jou hand weg en lig op sodat ‘n punt vorm. Dis morsig, maar lekker, jy sal vinnig die hang van dit kry.
Nadat die koek reg is, kry jou blaasvlammetjie (google se vlam fakkel vir flame torch haha) en rooster jou meringue. Hou jou vlammetjie ook tussen jou puntjies. Die puntjies sal dalk aan die brand slaan, blaas maar dood. Die kontras sal fantasties lyk en proe, dit karameliseer die suiker.

WENK: My meringue was net te sag, so ek het dit gevlam nadat ek elke blob neersit, dan stabiliseer jou puntjie mooi en val nie plat nie. My gas het ook klaargeraak, toe gryp ek sommer manlief se groot blaasvlam in die garage en stel hom op minimum.