PETRO SE SUURLEMOEN MARMELADE (LEMOEN)

 

RAAD VIR MARMELADEtested

PETRO SE  SUURLEMOEN MARMELADE
– my verwerking van die resep uit BOTTEL EN GEBRUIK

Per gewig – 1 deel sitrus tot 1 deel suiker (bv 1 kg suurlemoene + 1 kg suiker). Ek toets die smaak ek gebruik meestal 2/3 tot 3/4 maksimum suiker. Moenie minder as die helfte suiker gebruik nie.

Genoeg water om die skille net net te bedek om in sag te kook)

Druk sap uit, hou pitte eenkant. Gooi omtrent 2 kop water om dit in te laat week, verkieslik oornag. Jou pektien word uit die pitte verkry.
Bind die pitte in ‘n moeselien doekie toe.

Verwyder die vliese uit die doppe, prut die doppe in kookwater tot sag genoeg om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. Verwyder uit water, laat afkoel. Sny met ‘n baie skerp mes in dun repies.

Voeg die sap, water waarin die skille gekook het en die water waarin die pitte geweek het, asook die suiker en die gesnipperde skil in ‘n groot kastrol en verhit. Roer tot suiker opgelos is voor die mengsel tot kookpunt kom, anders sandsuiker dit. Na suiker opgelos is, verhoog hitte en laat vinnig kook. Roer af en toe die bodem sodat dit nie vasbrand nie. Kook tot stolpunt (of 105 C) bereik is. Skep skuim af en laat 10 minute staan voor bottel – dit
verhoed dat die skil afsak in die bottels. Skep in warm gesteriliseerde bottels en vee bek skoon, draai deksels op.

Konfyt moet nooit dieper as 5 cm in die kastrol wees nie, anders vat dit te lank om stolpunt te bereik.

Foto: Petro Borchards

Petro Borchard
Rina dis maar dieselfde as die suurlemoen marmelade se resep, behalwe vir ‘n gesonde klompie whiskey wat ek aan die end bygegooi het.
petro se marmelade
Petro Borchard
Ek het die naweek die heel lekkerste lemoen marmelade gemaak. Ek kan nie regtig ‘n resep gee anders as wat reeds op blog is nie.
Wat ek wel anders as normaalweg gedoen het, is die volgende :
Ek het ‘n klomp skil in genoeg water om dit te bedek in die stoompot gekook dat dit sag is. Toe dit hanteerbaar was, het ek dit in dun repies gesny.
Ek het die skyfies uitgesny soos wat jy maak as jy pomelos eet. Die water waarin die skil gekook is het ek by die ‘vleis’ gevoeg en ook ‘n liter gekonsentreerde lemoensap (soos Minute Maid) by gegooi. Ek het dit toe gekook soos normaal en so halfpad deur die repies skil bygevoeg.
Dit het ‘n baie intense lemoensmaak, seker agv die konsentraat wat ek bygevoeg het.

petro se lemoenmarmalade met verskil