PETRO SE GRANOLA

2015-07-01-petrosegranolatested

PETRO SE GRANOLA

3 koppies Oats – ek verkies die weergawe wat sê “large flakes”
3 eetlepels bruin suiker – die soort wat lyk of dit wil rondloop
1/2 teelepel kaneel
1/4 teelepel sout
1/3 koppie heuning
1/4 koppie olie
1 teelepel vanilla

Meng goed, sprei uit op bak plate en bak teen 180 ºC in oond tot lig bruin. Roer elke 15 min om en maak seker dit brand nie. Laat afkoel tot hanteerbaar. Meng dan die res by –

1/2 koppie sade – ek gebruik linseed, pampoen pitte, poppy saad en sesame saad.
1/2 koppie droëvrugte – ek verkies cranberries, sultanas en gedroogte pynappel (wat ek self droog).
1/2 koppie gekapte neute – ek gebruik amandels en kasjoeneute
Ek gooi ook ‘n hand vol klapper repe by – dis nie orals te kry nie, maar almal is nie mal oor klapper nie
Wanneer mooi afgekoel, gooi in lugdigte houer en eet oor yoghurt, of meng met ander pappe
‘n Ander opsie – in plaas van die suiker en heuning, gebruik ek konfyt (enige soort) wat nie heeltemal wou set nie. Dit geur die granola lekker en jy benut die flop konfyt.

My eie sameflansing van baie resepte.

Resep en foto:  Petro Borchard