ONFEILBARE PANNEKOEK

ONFEILBARE PANNEKOEK
Dis die enigste pannekoek wat ek van weet wat, indien daar enige iets oorbly, jy dit kan vries en weer kan opwarm sonder dat dit bros of taai is. Dis werklik onfeilbaar.
Brenda Lucke
4 eiers
1,25 L water
250 ml sonneblomolie
50 ml asyn
5 ml koeksoda
5 ml sout
4 x 250 ml, ongesif afgemeet, koekmeelblom
20 ml bakpoeier

Klits die eiers goed, voeg 250 ml van die water by en dan die olie en asyn.
Dan koeksoda, sout en meel om die beurt met die res van die water.
Roer die bakpoeier laaste by.
Laat staan vir ongeveer halfuur.
Indien die beslag te dik is kan nog bietjie water bygevoeg word.
Gebruik net ‘n paar druppels olie in die pan vir die eerste pannekoek.
Bak gewoonweg pannekoeke van die beslag.
Lewer 30 middelslag pannekoeke.
Resep geplaas deur Linda Venter