MARIANNE SE LEKKER SNOEK

2015-07-23-marianneselekkersnoektested

MARIANNE SE LEKKER SNOEK
600 g cured snoek
Maak ‘n sous van:
3 eetlepels appelkooskonfyt(ek het tuisgemaak gebruik)
1 eetlepel crushed garlic
2 eetlepels suurlemoensap
½ teelepel sout
½ teelepel fish spice van Robertsons
2 eetlepels mayonnaise
1 teelepel engelse mosterdpoeier
3 eetlepels gesmelte botter
½ teelepels growwe suurlemoenpeper
½ koppie prosessed kaasMeng die sous goed en giet oor vis en laat marineer vir so 3 – 4 ure. Mikrogolf dan in die sous teen 70 persent krag vir 10 minute.
Skud bak so bietjie. Mikrogolf weer vir 5 min teen 70 persent krag.
Strooi die gerasperde kaas oor en mikrogolf weer teen 70 persent krag vir 5 min.
Ek het ‘n 2000 watt mikro. So pas aan volgens die grootte van jou mikrogolf.

BRON/FOTO: Jacques Marianne Van Niekerk