MAKLIKE QUICHE IN ENKELE PORSIE OF TERT

2015-07-11-maklikequicheinenkeleporsiesofterttested

MAKLIKE QUICHE IN ENKELE PORSIE OF TERT
Vir die muffin tin het ek 2 verskillendes gemaak:
1:
1 blik tuna
½ gekapte tamatie
gemengde kruie
kaas
4 eiers, geklits met bietjie melk
2:
¼ blik bullybeef
paprika
kaas
4 eiers, geklits met bietjie melk

Al die bestanddele is souterig so geen ekstra sout is benodig nie.
Ek deel die bestanddele in die potjies en voeg dan die eier mengsel by.
Roer liggies en bak vir 25 min teen 180°C.

Vir die grote:
oorblywende bullybeef, fyn gemaak
broccoli
kaas
bacon
ertjies
gemengde kruie
1 eetlepel mayonnaise
5 eiers, geklits in ‘n bietjie melk

Meng alles saam en bak vir 25 min teen 180°C.
Mens kan natuurlik enige vulsels gebruik wat jy wil.
Bron en foto:  Cecilia Tazz Addyman