MAALVLEIS EN MIELIERYS FRIKKADELLE

MAALVLEIS EN MIELIERYS FRIKKADELLE
650 gram maalvleis
160 ml vars broodkrummels
10 ml Worcestersous
300 gram gaar mielierys (500 ml)
160 gram Cheddarkaas, gerasper (400 ml)
olie vir braai.

Meng alle bestanddele behalwe kaas.
Vorm vleismengsel in 16 plat koekies.
Plaas op 8 van die koekies kaas en bedek met ander koekies.
Druk kante stewig vas om te verhinder dat kaas gedurende braaiproses uitloop.
Braai in vlak olie tot gaar.
Bron: CAROL VAN HEERDEN