LEKKER SAMPIOEN SOUS
LEKKER SAMPIOEN SOUS
Hier is ‘n sampioen sous resep wat jy verskeie maniere kan bedien: oor pasta, op roosterbrood of as ‘n sop as jy meer vloestof bygooi.
BESTANDELE
200g sampioene van jou keuse, in dun skyfies gesny
1 medium ui in dun skyfies gesny
1 tot 3 knoffehuisies (hang af van jou smaak) fyngekap
1 eetl botter (15 g)
1 koppie melk
1 eetl maizena (cornstarch)
Vars basilie blare na smaak of 1 teel droe baslie kruie
Sout en peper na smaak
METODE
Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte, en voeg dan die uie en knoffel by. Laat dit kook tot die uie deurskynend is (nie bruin nie), sowat drie minute. Voeg die sampioene en kruie by, geur met sout en peper, en kook vir nog drie minute. Meng die melk en maizena baie goed, en voeg dit dan by. Roer anhoudend tot die sous lekker dik word.
Indien jy eerder wil sop maak, voeg op hierdie stadium 2 koppies warm water by, en roer goed, bring dan tot kookpunt en bedien.
SOURCE/PHOTO: Leonie Overbeek

