KLAPPER-KAKAO-HAWERMOUT KOEKIES

choc klapper hawermout koekiestested2015-07-22-klapper-kakao-hawermoutkoekies

KLAPPER-KAKAO-HAWERMOUT KOEKIES
125 g margarien
500 ml suiker
125 ml kakao
25 ml melk

Kook alles saam vir 5 minute. Haal van plaat af en roer die volgende by:
750 ml hawermout
250 ml klapper
5 ml vanilla geursel
Meng goed. Skep lepels vol op gesmeerde plaat of bord en laat koud word.

Nota deur Hettie Theunissen:
Ek het vandag muesli in die plek van hawermout gebruik.
Foto en resep geplaas deur: Hettie Theunissen
Foto met wit sjokolade:  Candice Van Der Ross
Ek het dit met wit sjokolade en neute bo op versier