KARIEN SE LAMSKENKELS

 

lamb shank karientested

KARIEN SE LAMSKENKELS

2 Lamb shanks
1 beef stock cube
1 knorr beef stock pot
1 ui, fyn gekap
1 teelepel knoffel
50 g tomato paste
250 ml rooiwyn
1 blik chopped tomatoes
1/2 teelepel gedroogde roosmaryn
Gegeurde meel
2 eetlepels bruin suiker
1 blikkie sampioene
Robertsons se Garlic en Rosemary spice
Gemaalde swart peper na smaak

Strooi die meel oor die lamb shanks en braai dan in ‘n pan met olie totdat die vleis lekker bruin is. Haal die vleis uit en braai dan die ui,knoffel en roosmaryn saam tot ui sag is. Sit vleis terug in pan en voeg dan die stock cubes by wat in 500ml kook water opgelos is. Voeg die wyn, tamatie pasta en blik tamaties by. Gooi van die Robertsons speserye oor die vleis en sommer in die sous ook. Voeg bruin suiker en swart pepper by. Proe maar net of daar nog speserye of suiker kort. Sit deksel op en laat so 30-45 min stadig kook. Plaas alles dan in ‘n kasserol bak met ‘n deksel en laat bak op 160 grade vir so 2-3 ure. Voeg mushrooms so halfuur voordat jy gaan opdien by. Vleis was lekker sag en sappig.

My eerste probeerslag en moet sê dat dit regtig lekker was.

FOTO EN RESEP: Karien Bronkhorst