JUDY SE MEATLOAF
JUDY SE MEATLOAF
1kg maalvleis
1½ koppies fyngedrukte bacon kips
2 eiers
¾ koppie karringmelk of melk
sout, peper en bietjie kruie na smaak
Meng alles liggies met ‘n vleisvurk.
Druk alles liggies bymekaar in die vorm van ‘n broodjie.
Moenie teveel hanteer nie. Voeg’n ½ koppie bruinsuiker in ‘n oondbak, bo-op dit ‘n koppie tamatiesous. Sit die vleisrol op dit en bedek met foelie. Bak vir 40 minute.
Maak oop, skep van die sous oor die rol en bak vir nog so 30 minute. Jy kan so ½ pakkie soppoeier aanmaak en by die sous te sit as jou sous te min lyk. Doen dit as jy die foelie afhaal en weer vir 30 min insit. –
My foto en resep het ek ‘n paar gekombineer so ek kan nie rerig se van wie die resep is –
Resep en foto: Judy Bester

