JAPTRAP DEGIE
JAPTRAP DEGIE
Maak maalvleis met geure soos jy verkies….
BESTANDELE
1 eier
1/2 koppie melk
1/2 koppie olie
3/4 koppie meel
2 tl bakpoeier
1/2 tl sout
METODE
Kilts eier, melk en olie saam.
Gooi droeƫ bestandele by en meng goed.
Gooi maalvleis in ‘n oondvaste bak.
Sprinkel met kaas en gooi degie oor.
Strooi bietjie pietersielie en paprika oor.
Bak teen 180’C tot degie ligbruin is.
SOURCE/PHOTO: Retha Grobler

