JAFFELS MET EIER

jaffels met eiertested

JAFFELS MET EIER
Vir die eerste keer in my lewe jaffels gemaak by die werk smile emoticon Dit was ‘n treffer!
500 g maalvleis gebraai
200 g sgesnyde sampioene
1 opgekapte ui
3 knoffel tone
3 eetlepels Mrs Balls Chutney
1 eetlepel suiker
sout, peper
2 eetlepels Garam Masala
Genoeg plakkies kaas
Genoeg snytjies brood


Braai die maalvleis en sampioene saam.
Braai die ui en knoffel in bietjie olie, sit die maalvleis by en braai lekker, voeg die res van die bestanddele by en kook net lekker deur.
Botter die jaffels aan die buite kant. Sit 1 sny brood in die jaffel maker en op die broodjie 2 eetlepels maalvleis en ‘n plakkie kaas bo op. Plaas die ander sny brood bo-op, botterkante buite. Braai tot reg.
By 3 jaffels het ek 1 hele eier ingesit bo op die maalvleis met kaas en dit het perfek uitgekom!

Resep en foto:  Claudia Bellink