INEZ SE GEBAKTE SUURLEMOENTERT

suurlemoenterttested
INEZ SE GEBAKTE SUURLEMOENTERT

Kors : 100ml gesmelte botter, nie margarien nie!. 200g tennisbeskuitjies, fyngedruk.

Vulsel :
1.5 X 385g blik kondensmelk.
4 eiers, geskei.
125ml vars suurlemoensap.
2 ekstra eierwitte.
250ml suiker

Meng die botter en beskuitjies. Druk vas op die bodem en teen die kante van die bord. Plaas 30min in die yskas.
Meng die kondensmelk en 4 eiergele in n bak. Voeg die sap by en meng goed.
Skep die vulsel in die kors en bak 8min. Haal uit die oond en laat afkoel.
Klits die 6 eierwitte styf. Voeg die suiker stadig by en klits goed tot n sysagte, gladde meringue vorm.
Skep die meringue bo-op die vulsel en maak stywe punte.
Bak 10min by 180°C, verlaag die temperatuur tot 100°C en bak nog 10min.
Skakel die oond af en laat staan die tert daarin om heeltemal af te koel sonder dat jy die deur oopmaak.

RESEP EN FOTO: Inez Ferreira