HEERLIKE HERTZOGGIES



HEERLIKE HERTZOGGIES
Soetkors
Maak 8 dosyn doppies.
4 koppies meelblom
250 g margarien
1 koppie suiker
3 teelepel gelyk bakpoeier
1 eetlepel vlapoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Room suiker, botter en eiers.
Meng droë bestanddele met jou hande in die botter mengsel.
Plaas in plastiek sak om klam te bly.
Klappervulsel:
7 koppies klapper
125 g margarien
2 teelepel vanilla
2 koppies suiker
8 groot eiers
Knippie sout.
Room botter en suiker.
Voeg eiers, vanilla en sout by.
Laaste die klapper.
Hertzoggies:
Gebruik soetkors rol tussen plastiek uit.
Gebruik middelslag afdrukker 6cm.
Plaas in gesmeerde kolwyntjie pannetjie.
Sit ‘n half teelepel appelkooskonfyt in holte van deeg.
Sit klappervulse bo-oor.
Die konfyt moet heeltamal toe wees.
Bak teen 180ºc todat deeg ligbruin is.
Foto: Ilse Foote en Beverley Fernandez