GIDEON SE SKAAPPENS STUKKIES

 

2015-07-14-gideonseskaappensstukkiestested

GIDEON SE SKAAPPENS STUKKIES

+- 500g skaappensvelletjies in stukkies gesny
500g klein aartappeltjies geskil
1 groot uie geskil en gekerf
1t kerrie poeier
1e suiker
1/2 t borrie
2 naeltjies
knypie neut
2 lourie blare
1/2 t korriander
3 e asyn
bietjie swart en wit peper

Kook die pensvelletjies tot sag so vir drie ure in n bietjie water
voeg die uie by enkook n rukkie tot glaserig
voeg dan die aartappels en al die speserye by hou net die kerrie , suiker , en borrie uit en kook tot die aartappels sag is
meng dan die borrie , suiker en kerrie met n bietjie water en voeg by kook dit deur en siedaar bedien saam met wat jy wil ek was lus vir brood saam met myne

Resep en Foto:  Gideon Louw