GEVORDERDE BROODTERT
GEVORDERDE BROODTERT
6 snye brood, korsies afgesny. Die brood moenie baie vars wees nie. Sny in blokkies.
Voeg ongeveer 1k lou melk by en meng tot amper soos slappap lyk.
Voeg 6 eiers by en meng.
Voeg nou die volgende by en meng goed.
Half blikkie bully beef, fyngedruk
1/2 pakkie bacon, fyn blokkies gsny
3 viennas, in die lengte in kwarte gesny en dan in klein blokkies
1 fyn gekapte ui
3 skyfies ham, fyngekap
Half pakkie mushrooms, fyn gesny
Half green pepper in blokkies gesny
1 k fyn gerasperde kaas
Meng alles goed en smeer n oondbak en giet in die bak. Bak ongeveer 1 uur in matige oond of tot bruin bo-op en gaar. My oond se deur seel nie mooi so hy vat altyd so bietjie langer.
Vir variasie kan mens fyn gekapte spinasie of baby marrows ook byvoeg.
Bron en Foto: Jacques Marianne Van Niekerk

