GEDROOGTE VRUGTESLAAI

GEDROOGTE VRUGTESLAAI
500 g gemengde droë vrugte (saggekook)
6 piesangs in skywe gesny
2 blikke kondensmelk
half koppie olie
koppie asyn
half teelepel sout
3 teelepels mosterdpoeier

Meng die bestanddele vir die sous.
Pak nou ‘n lagie vrugte, dan piesangskywe, dan sous en herhaal. JY kan fyngekapte okkerneute (of enige neute) bo-oor sprinkel vir afronding.
Bedien koud.
Foto:  Lizaan Ras le Roux

DROëVRUGTE SLAAI
250 g gemengde droëvrugte
125 ml suiker
1 blik kondensmelk
125 ml asyn
50 ml suurlemoensap
10 ml mosterdpoeier
25 ml blatjang
2 piesangs in skywe gesny
knippie rooipeper

Week droëvrugte oornag in koue water. Dreineer, maar hou sowat 200 ml van die weekwater.
Kook droëvrugte saam met suiker, in weekwater tot sag. Klits kondensmelk, asyn en suurlemoensap saam. Voeg mosterd poeier, rooipeper en geur na smaak met sout en peper. Meng goed deur en voeg piesangs by en meng met genoeg van die sous. Die res van die sous kan ± 2 weke in yskas gebêre word en weer gebruik word.