FILLET IN DIE OOND
FILLET IN DIE OOND
wat ek soos Biltong ingele het, en half drooggemaak het.
Bees Fillet…Gestop met Beesbrisket vet…Of sommer met beesvet en fetakaas.
Gemarineer met Olyfolie,
Balsamiese asyn,
en tuisgemaakte Engelse mostert,
Smeer in met Sout,
Growwe swart peper,
en droe pietersielie,
Dan “gedrapeer” in SKAAP BAKON,,,
en op n botterbed geplaas om stadig te bak teen 150 grade
vir so 30 minute…
Haal na 30 minute uit, en laat rus vir 5 minute voor dit gesny en opgeskep word
En dan saam met gebraaide groente
en Swakopmund se Olywe te eet..
Die marinade wat oorbly in die bak word in die bord geskep, en daai gaar Vleis kom dan Bo op dit…lekker mostert sous.
Dan SMAAK hy SOOO
BRON – STEFAANS BLAAUW

