ELSIE SE SAMOOSAS
ELSIE SE SAMOOSAS
Lekker Samoosas gemaak vir n Ligte Aand ete. Het skaap mince bietjie gebraai en daarby fyn gekapte uie, knoffel en Ertjies gesit. Bietjie rissie poeier en kerrie in gemeng en net gebraai tot alles in gemeng was. Ek het sommer klaar gemaakte velletjies gebruik wat ek by Checkers gekoop het. Nadat Ek dit gevou het het ek dit met n bietjie gesmelte Botter gesmeer en in die Oond geplaas by 400grade F. (220 grade C) Dit is nie so olierig as wanneer jy dit diep braai nie. Baie gesonder en lekkerder
RESEP EN FOTO: Elsie Jacobs Dreyer


