ELAINE SE GEVULDE HOENDER
ELAINE SE GEVULDE HOENDER
1 heel hoender
4 klein uie
2 takkies vars roosmaryn
6-8 sampioene
1 knoffelhuisie
1 geelwortel, in stukke gesny
½ koppie (125 ml) vars spinasie, fyn gekerf
Feta kaas na smaak, opsioneel
Portugese hoenderspeserye, na smaak
gemaalde swart peper, na smaak
½ koppie (125 ml) fyn appelkooskonfyt
50 ml goue stroop
50 ml suurlemoensap, na smaak
30 ml Worcestersous
30 ml “hot” blatjang
30 ml tamatiesous, na smaak
30 ml mayonnaise, na smaak
5 ml droë roosmaryn
Vul hoender met uie, sampioene, wortel, knoffel, geelwortel, spinasie, vars roosmaryn en Feta kaas na smaak (opsioneel).
Vryf hoender met Portugese hoenderspeserye en gemaalde swartpeper.
Bak hoender tot gaar in die oond.
Plaas die appelkooskonfyt en goue stroop in die mikrogolf om dit meer loperig te maak. Meng die res van die bestanddele, suurlemoensap, Worcestersous, blatjang, tamatiesous, mayonnaise en droë roosmaryn by die appelkoos en stroopmengsel.
Gooi dit bo-oor die gaar hoender, bak verder totdat hoender mooi verkleur en sousie verdik het.
Resep geplaas deur Elaine Schoeman

