DALENE SE HOENDER EN SAMPIOEN PASTEI
DALENE SE HOENDER EN SAMPIOEN PASTEI
Heel Hoender gekook en ontbeen met speserye van jou keuse.
1 houer sampioene gesnipper of blikkie, maar ek verkies die pakkies.
125 ml gerasperde cheddar kaas
1 eetlepel botter
500 ml dik witsous
1 koppie melk
2 eiers
Sny hoender in stukkies, voeg witsous, botter en sampioene wat gebraai is met bietjie peper by die hoender. Skep in bak.
Klits 2 eiers met 1 koppie melk en gooi oor pastei.
Strooi die kaas oor en bak by 180 ÂșC vir 30 tot 40 minute.
BRON/FOTO: Dalene Hanekom Kriel

