BRAAI TAMATIES VIR OOR BRAAIPAP
BRAAI TAMATIES VIR OOR BRAAIPAP
Hier is hoe ek my special tamaties braai: sny jou tamaties in dikkerige skywe, ek sny so 3 skywe uit n middelmatige tamatie. Smelt ongeveer 4 e botter of goeie margarien. As als gesmelt en borrel, pak jou tamatieskywe in n enkellaag in die pan.
Op die hoeveelheid tamaties wat ek gebruik het, het ek ongeveer 2 suikerlepels vol suiker en 1/2t sout aan die een kant gestrooi, toe omgedraai en dieselfde met die anderkant gedoen. Braai tot sous taai word. Skep op braaipap en gooi soet bottersous oor!
Resep en foto: Jacques Marianne Van Niekerk

