BOELIE NAGEREG

 

2015-07-05-boelietested

BOELIE NAGEREG
500 ml melk
2 eiers
2 ml suurlemoengeursel
50 g suiker
30 g koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
50 g botter

Verhit oond tot 180°C.
Klits melk, eiers en geursel tot gemeng.
Gooi in oondvaste bak met volume van 1 liter.
Meng suiker, koekmeel, bakpoeier, sout en botter goed saam tot ‘n deeg – voeg bietjie van die melkmengsel by as dit te styf lyk.
Skep al die deeg in die middel van die melkmengsel in ‘n hopie.
Sodra die poeding begin bak, versprei die deeg soos ‘n kors bo-op.
Bak die poeding ongeveer 45 minute tot mooi bruin.
Resep geplaas deur Lisinda Blaauw
Foto: Charlotte de Kock