WITBROOD MET KORRELGIS

WITBROOD MET KORRELGIS
Vat gewone koekmeel, (nie bruismeel of ‘self raising flour’ nie)
So vier koppies meel in n mengbak.
Grypie sout, -sowat n teelepel sout.
Gooi klein pakkie korrelgis in die mengsel.
Roer die mengsel deurmekaar.
Voeg dan warm louwater by en maak deeg slap aan.
Meng deeg deeglik.
Voeg dan bietjie vir bietje meel by todat die deeg styf word.
Knie dit goed deur vir sowat 10 todat deeg lekker styf word.
Sit die deeg in voorafgesmeerde broodpan, wat met olie gesmeer is.
Maak die broodpan styf toe met ‘n swart asbliksak. Rol die asbliksak se punt op sodat geen vars lug by die brood uitkom nie. Wag so ‘n uur en kyk hoe vêr het brood gerys.
As brood gelyk is met die rand van die broodpan, sit die pan met deeg in ‘n voorafverhitte oond van so 180 grade.
Bak so 45 minute tot ‘n uur.
Haal uit oond, haal uit pan en laat brood afkoel .
Pieter Oosthuizen by/deur Vleisland Resepte