WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN OU BROOD

WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN OU BROOD
Kry vanmiddag hierdie oulik wenk in die Vrouekeur. Moet nie ou brood weg gooi nie, sny in lekker beskuite, doop in suiker water, pak uit op bakplaat en droog uit. En Whala… jy het heerlike beskuit. Slim ne?
Santie Carelse
Jy kan die brood in vingers sny en dit in warm olie bak tot bruin. (dit gaan vinnig so jy moet haastig werk en verkieslik iemand he wat jou kan help)..haal uit olie en druk in koue koeksusterstroop. Dan word dit broodsusters genoem. Dis baaaaaaie lekker!!!
Justina Vollgraaff
Dit klink na ‘n treffer Rina. Ek ken die volgende variasie: Meng margarine en marmite, smeer die snye brood daarmee, sny in driehoekies en droog uit in die oond. Dis net so lekker.
Engela Van Niekerk
Of jy maak broodvingers daarvan. Dieselfde stroop as koeksisters. Sny brood vingers en braai effens tot ligbruin in vlak pan en doop in koeksisterstroop. As koud rol in klapper. Dit is heerlik.
Santie Carelse
Ek sny die brood in ongeveer 2cm x 2cm blokkies. Dis heerlik vir wanneer mens n ”bordjie soet en n bordjie sout” moet saam neem na n geleentheid! Dis altyd eerste klaar!
Bettie Scheepers
‘n Ou Vriendin van my het die broodvingers altyd liggies met ‘n mensel van botter/margarien en suiker gesmeer en dit ligbruin in die oond gerooster. Dit was ‘n baie gewilde happie by tee/koffie in haar huis.
Engela Van Niekerk
Dit klink lekkerder en dit is regtig ‘n gewilde happie. Jy kan ook crotons maak van die ou brood.
Jessie Maritz-Vermeulen
Ek meng Wit Uiesop-poier met Margarien, en smeer dit oor die ou brood – redelik dik, sny dit in skywe en droog dit in die oond uit vir 2 ure, is heerlike southappie. Party mense noem dit Stofpad Beskuit…….probeer gerus.
Sophia Van Zyl Huisamen
Gebruik ook ou brood om ystervarkies mee te maak. Sny in blokke en gebruik dieselfde stroop as vir ystervarkies! Doop in stroop en rol in klapper! Was altyd in my kosblik vir die koshuis dae!
Laurika De Waal
Brood vries goed. As jy jaffels maak, ham & kaas toast, dan kan jy dit ook vries & later verkoop…
Petro Borchard
ek blits dit tot krummels en maak dan poeding daarvan met eiers, melk, vanilla, (ingemaakte vrugte opsioneel) en bak dit tot gaar. Jy kan ook die krummels net so vries en later gebruik….
Annie Jordaan
ny In die rondte as dit brood rolletjies is smeer. carlic botter. op. en droog uit en vries ook
Elaine Schoeman
Maak brood “koeksisters” of “croutons”, maak krummels vir tjops ens
Marika Strydom Albrecht Elaine Schoeman
is n brood koeksusters amper soos om dit te “deep fry??”
Elaine Schoeman Ja sny die korsie af, bak in olie en dip in stroop soos met ‘n koeksister 🙂
Cecilia van Huyssteen
sny soos beskuit sprinkel suiker water oor en droog vir beskuit
Jeanette Grib
Ek sou dit in suiker water doop en uitdroog vir beskuit
Michelle Warden
sny punt af, hol uit, druk vienna (op special by checkers) en tamatie sous in holte. Vat die afgesnyde punt en druk dit verkeerd om in die holte soos ‘n doppie. Toast dit dan op daai plat snackwichers…. is lekker.
Anthony Raymond
Glad ni nodig vir deep fry ni maak n jam sous(jam met water gemeng) of effens verhitte stroop sny brood in vingers los korsies doop in sous of stroop en rol dan in klapper en droog uit in oond.