VLEISLAND WIENER WORSIES – SONDER VARK

VLEISLAND SE WIENER WORSIEStested

VLEISLAND WIENER WORSIES – SONDER VARK
8 kg beesvleis (maer) of Wildsvleis
4 kg beesvet
3 kg yswater
1 pakkie 600 g van Freddy Hirsch se WIENER GM speserye
Maal die vleis saam met die vet en vries dit. Saag die gevriesde “maalvleis” blokkies en maal weer 4 keer deur die boerewors siffie, voeg nou die speserye by en maal weer deur dieselfde siffie.
Meng nou met die hand die yswater baie goed deur die vleis, en laat staan vir so 2 ure om te set.
Stop die vleis nou in 22/24 of 24/26 skaapderms, en draai die worsies af op verlangde lengte en hang op stokke vir ten minste 3 ure, dan kan hulle warm gerook word vir +/- n uur lank.
Wanner die worsies klaar gerook is. Plaas hulle in ‘n pot warmwater teen 75 ºC, vir 20 minute (dit MAG NOOIT KOOK NIE).
Wanneer die binne temperatuur 72 ºC haal, haal uit en koel in koue water af vir 3 minute, en hang weer op om af te droog.
Nou kan hulle gepak en gevries word.

Resep en foto:  Stefaans Blaauw