VLAKOEK VERSIERSEL
VLAKOEK VERSIERSEL
1 blik kondensmelk,
drie blikke melk
1/2 koppie maizena
4 geklopte eiers
1 teelepel vanilla geursel
Kook kondensmelk met die 3 blikke melk en 1/2 k maizena tot dik. Voeg dan geklopte eiers by met 1 t vanilje of n paar druppels amandel geursel. Om die koek n baie lekker afronding te gee, neem n paar tennis beskuitjies, krummel dit en meng met n bietjie ekstra suiker en n klein bietjie suurlemoen sap en sit bo-op. Dit gee die koek n ongelooflike smaak.
Bron: Anita Nel

